You need to be logged in to mark episodes as watched. Log in or sign up.
Season 7
Die span kom saam met vriende en familie bymekaar by die mees suidelike punt van die Afrika-vasteland. Laaste voorbereidings word getref. Die reis noord begin. Die eerste mikpunt is die
.. show full overview
Die span kom saam met vriende en familie bymekaar by die mees suidelike punt van die Afrika-vasteland. Laaste voorbereidings word getref. Die reis noord begin. Die eerste mikpunt is die dorpie Rhodes aan die hange van die Maluti’s. Onderweg, net buite Queenstown, veroorsaak ’n helikopterongeluk byna ’n einde aan die reis, pas nadat dit begin het.
Die span reis oor die Hooglande van Lesotho en dan af met Sanipas na Natal. By Amersfoort word daar by Jan Staal du Toit motorfiets gery, voor die span verder noord reis na Pafuri. ’n
.. show full overview
Die span reis oor die Hooglande van Lesotho en dan af met Sanipas na Natal. By Amersfoort word daar by Jan Staal du Toit motorfiets gery, voor die span verder noord reis na Pafuri. ’n Tweede afskeidsgeleentheid word gehou met ’n aandete van roosterkoek en skaapkop.
Die span verlaat Suid-Afrika deur die Krugerwildtuin en reis met die Limpopovallei tot aan die Indiese Oseaan. By Inhambane word daar by die mark seekos gekoop, en by die Barrarif word
.. show full overview
Die span verlaat Suid-Afrika deur die Krugerwildtuin en reis met die Limpopovallei tot aan die Indiese Oseaan. By Inhambane word daar by die mark seekos gekoop, en by die Barrarif word daar roofvis gevang. Linga-Linga op die noordelike oewer van die Inhambane-strandmeer is ’n wonderlike tropiese bestemming.
Aan die Mosambiekse kus is die onderwaterparadys by Bazaruto. Nie net het die plek uitsonderlike koraal nie, maar hier skuil die meerminne van weleer, die Dugongs, onder die wateroppervlak.
Aan die Mosambiekse kus is die onderwaterparadys by Bazaruto. Nie net het die plek uitsonderlike koraal nie, maar hier skuil die meerminne van weleer, die Dugongs, onder die wateroppervlak.
Die Gorongosa Nasionale Park, ’n plek wat voorheen as Afrika se Eden bekend gestaan het. Die week word afgesluit by die graf van Mary Moffat Livingstone op die oewer van die Zambezi.
Die Gorongosa Nasionale Park, ’n plek wat voorheen as Afrika se Eden bekend gestaan het. Die week word afgesluit by die graf van Mary Moffat Livingstone op die oewer van die Zambezi.
Die ’n week van visvang op Afrika se vierde grootste dam. Die manne bring besoek aan die instrukwekkende hidro-elektriese kragstasie in die Zambezi, optspan langs die massiewe dam, en probeer dan om tiervis te vang.
Die ’n week van visvang op Afrika se vierde grootste dam. Die manne bring besoek aan die instrukwekkende hidro-elektriese kragstasie in die Zambezi, optspan langs die massiewe dam, en probeer dan om tiervis te vang.
Die week se reis bring eers ’n besoek aan Upington se graf net buite Lusaka. Daarna is dit ’n kuier by die boere van Mkushi in Sentraal-Zambië. Talle Suid-Afrikaners het hulle reeds hier
.. show full overview
Die week se reis bring eers ’n besoek aan Upington se graf net buite Lusaka. Daarna is dit ’n kuier by die boere van Mkushi in Sentraal-Zambië. Talle Suid-Afrikaners het hulle reeds hier kom vestig en die boerderyvedryf wat hulle oor ’n paar dekades lank ontwikkel het, is indrukwekkend.
Dr. David Livingstone was een van die eerste Westerlinge wat Afrika werklik ontgin het. Hy het ook onverpoosd daarvoor geveg om Afrika van Slawerny te bevry. Hy het gesterf langs die
.. show full overview
Dr. David Livingstone was een van die eerste Westerlinge wat Afrika werklik ontgin het. Hy het ook onverpoosd daarvoor geveg om Afrika van Slawerny te bevry. Hy het gesterf langs die Bangweulumoeras. Na ’n besoek aan die plek waar Livingstone gesterf het, gaan soek die span een van die vreemdste voëls op die kontinent – die skoenbek. Die skoenbekke broei naby die lesjweevlaktes waar daar ook meer as 150000 van die bokke te sien is.
Om op die MV Liemba op die Tanganjikameer te vaar is vir jare reeds ’n Voetsporedroom. Dis ’n senutergende wag by Mpulungu op die aankoms van die skip, maar as sy eers opdaag en die
.. show full overview
Om op die MV Liemba op die Tanganjikameer te vaar is vir jare reeds ’n Voetsporedroom. Dis ’n senutergende wag by Mpulungu op die aankoms van die skip, maar as sy eers opdaag en die voertuie, vrag en ander passasiers aan boord gaan, is dit ’n uitsonderlike ervaring tydens die drie dag lange vaart noord. Met die aankoms in Kigoma is daar meer as 200 ton vrag en meer as 650 passassiers aan boord.
Rwanda is die digbevolkste land in Afrika. Tog het die land die grootste verskeidenheid van primate in sy woude. Die span reis na die suidweste van die land en gaan stap in die
.. show full overview
Rwanda is die digbevolkste land in Afrika. Tog het die land die grootste verskeidenheid van primate in sy woude. Die span reis na die suidweste van die land en gaan stap in die Nyungwewoud, op soek na sjimpansees. Wanneer hulle ’n trop kry, is dit ’n baie vreemde ervaring.
Rwanda is ’n pragtige land. Tog, in 1994, het die land een van die grootste menseslagtings beleef toe bykans ’n miljoen mense tydens die volksmoord vermoor is. Oral in die land is daar
.. show full overview
Rwanda is ’n pragtige land. Tog, in 1994, het die land een van die grootste menseslagtings beleef toe bykans ’n miljoen mense tydens die volksmoord vermoor is. Oral in die land is daar gedenktekens met die leuse: Nooit weer nie! Na afloop van die besoek aan Rwanda, reis die span na Uganda en gaan deur die Ondeurdringbare Woud.
Die park is vernoem na die koningin van Engeland. Sy het die park nog maar net een keer besoek. Dit is geleë op die oewer van die Edwardmeer. In die suide, by Ishasha, is daar die
.. show full overview
Die park is vernoem na die koningin van Engeland. Sy het die park nog maar net een keer besoek. Dit is geleë op die oewer van die Edwardmeer. In die suide, by Ishasha, is daar die boomklimleeus. In die noorde, langs die Kazingakanaal, is daar ’n oorvloed van voëlspesies asook wilde diere soos olifante, buffels, seekoeie, krokodille, waterbokke, topi en talle meer. Na ’n besoek aan die park kruis die span die ewenaar.
Vanaf Fort Portal reis die span na Jinja op die Nyl. Dit word haas een van die avontuurbestemmings op die vasteland, met witwaterroei, rekspring en visvang op die Victoriameer net ’n
.. show full overview
Vanaf Fort Portal reis die span na Jinja op die Nyl. Dit word haas een van die avontuurbestemmings op die vasteland, met witwaterroei, rekspring en visvang op die Victoriameer net ’n paar van die aktiwiteite.As alternatief is daar ook net die kans om te ontspan langs die wêreld se langste rivier.
This episode has no summary.
This episode has no summary.
Berg Kenia is 5000 meter hoog. Die span reis deur Nairobi na Nanyuki en klim dan die berg in net twee dae. Dit is ’n uitdaging, veral vir ses manne wat nie juis fiks is vir die aanslag
.. show full overview
Berg Kenia is 5000 meter hoog. Die span reis deur Nairobi na Nanyuki en klim dan die berg in net twee dae. Dit is ’n uitdaging, veral vir ses manne wat nie juis fiks is vir die aanslag op die berg nie. Maar die natuurskoon is ongelooflik, en om die kruin by Punt Lenana te bereik is ’n prestasie.
Die pad noord in Kenia is die slegste op die vasteland. Wanneer die span die Chalbiwoestyn bereik, is dit een groot moddersee nadat die plek sy eerste behoorlike reënin vyf jaar gehad
.. show full overview
Die pad noord in Kenia is die slegste op die vasteland. Wanneer die span die Chalbiwoestyn bereik, is dit een groot moddersee nadat die plek sy eerste behoorlike reënin vyf jaar gehad het. Hier kom die span voor een van sy grootste uitdagings tot dusver op vanjaar se reis te staan.
Hierdie week tref teëspoed die span. Eers kan hulle nie Ethiopië binnegaan nie weens ’n gebrek aan visums, en boonop breek een van die voertuie. Dit beteken ’n 700 kilometer reis agter
.. show full overview
Hierdie week tref teëspoed die span. Eers kan hulle nie Ethiopië binnegaan nie weens ’n gebrek aan visums, en boonop breek een van die voertuie. Dit beteken ’n 700 kilometer reis agter op ’n vragmotor, oor van die mees uitdagende terrein op die kontinent.
In Nanyuki word die voertuig herstel, en daarna wag die manne vir hulle paspoorte met Ethiopiese visums. Wanneer dié uiteindelik opdaag is dit weer noord met die Marsabit Moyale-pad, en vandaar die lang pad na Addis Abeba, hoofstad van Ethiopië.
In Nanyuki word die voertuig herstel, en daarna wag die manne vir hulle paspoorte met Ethiopiese visums. Wanneer dié uiteindelik opdaag is dit weer noord met die Marsabit Moyale-pad, en vandaar die lang pad na Addis Abeba, hoofstad van Ethiopië.
Die span besoek die oudste klipkerk in Ethiopië en reis dan na Aksum. Aksum was eens die setel van die Koningin van Skema. Sy het vir Koning Salomo ’n seun gebaar en die seun, Manalik,
.. show full overview
Die span besoek die oudste klipkerk in Ethiopië en reis dan na Aksum. Aksum was eens die setel van die Koningin van Skema. Sy het vir Koning Salomo ’n seun gebaar en die seun, Manalik, het die Ark van die Verbond, die tablette met die Tien Gebooie, na Aksum gebring. Vandag nog word die teenwoordigheid van die Arik in Aksum gevier, en die span word deel van ’n Verbondsarkprosessie.
Die span reis van Ethiopië na Soedan en gaan die Sahara binne. Net noord van Port Sudan aan die Rooi See gaan snorkel die namme. Die plan om noord te reis en Egipte binne te gaan aan die
.. show full overview
Die span reis van Ethiopië na Soedan en gaan die Sahara binne. Net noord van Port Sudan aan die Rooi See gaan snorkel die namme. Die plan om noord te reis en Egipte binne te gaan aan die Rooi See word verydel en daar moet die manne dieper die Nubiese Woestyn in, in die rigting van Atbara en Wadi Halfa
Die enigste manier om die grens oor te steek van Soedan na Egipte is oor die Aswandam. Weekliks vertrek ’n veerboot van Wadi Halfa na Aswan. Die veerboot neem net passassiers.
Die enigste manier om die grens oor te steek van Soedan na Egipte is oor die Aswandam. Weekliks vertrek ’n veerboot van Wadi Halfa na Aswan. Die veerboot neem net passassiers.
Nadat die voertuie uiteindelik arriveer kan die span verder. In plaas daarvan om met die Nyl langs te reis na Kaïro, reis die span deur die Sahara. Naby een van die oases in die weste
.. show full overview
Nadat die voertuie uiteindelik arriveer kan die span verder. In plaas daarvan om met die Nyl langs te reis na Kaïro, reis die span deur die Sahara. Naby een van die oases in die weste van Egipte kom hulle die fabelagtige Wit Woestyn teë. Dis ’n uitsonderlike wêreld wat deur die eeue deur winderosie geskep is.
Na drie maande kom die span aan in Alexandrië aan ide Middellandse See. Die reis van 20000 kilometer kom tot ’n einde by die vuurtoring van die farao. Elke ekspedisie het sy uitdagings
.. show full overview
Na drie maande kom die span aan in Alexandrië aan ide Middellandse See. Die reis van 20000 kilometer kom tot ’n einde by die vuurtoring van die farao. Elke ekspedisie het sy uitdagings en hierdie een het opnuut bewys Afrika is ’n kontinent met verskeidenheid en avontuur.
Die Sibiloi Nasionale Park in die noorde van Kenia is geleë in ’n woestyn. Dis warm, droog en onherbergsaam. Maar in die park is die pragtige Turkanameer – een van Afrika se mooiste
.. show full overview
Die Sibiloi Nasionale Park in die noorde van Kenia is geleë in ’n woestyn. Dis warm, droog en onherbergsaam. Maar in die park is die pragtige Turkanameer – een van Afrika se mooiste Skeurvalleimere en die plek waar Richard Leaky argeologiese skatte gevind het.
Die week se reis is noord, met die een bergpas na die ander oor die Hooglande van Ethiopië.
Die week se reis is noord, met die een bergpas na die ander oor die Hooglande van Ethiopië.
In Aswan aangekom moet die span wag vir die voertuie om op te daag. Die tyd word verwyl deur die pragtige stad op die oewer van die Nyl te verken.
In Aswan aangekom moet die span wag vir die voertuie om op te daag. Die tyd word verwyl deur die pragtige stad op die oewer van die Nyl te verken.
If there are missing episodes or banners (and they exist on TheTVDB) you can request an automatic full show update:
Request show update
Update requested