You need to be logged in to mark episodes as watched. Log in or sign up.
Season 13
Die episode is 'n opsomming van Johan en Stephan wat die roete aflê, vooraf beplan vir die episodes wat kom.
Die episode is 'n opsomming van Johan en Stephan wat die roete aflê, vooraf beplan vir die episodes wat kom.
Die nuwe reeks begin in die Kalahari. In die Dawid Kruiper-munisipaliteit besoek hulle die dorpe Rietfontein, Groot Mier en Philandersbron. Ná ’n besoek aan Hakskeenpan gaan jag hulle by
.. show full overview
Die nuwe reeks begin in die Kalahari. In die Dawid Kruiper-munisipaliteit besoek hulle die dorpe Rietfontein, Groot Mier en Philandersbron. Ná ’n besoek aan Hakskeenpan gaan jag hulle by Loch Broom en neem dan die effek van die Kalahari-pypleiding op die streek waar. Die episode word afgesluit met 'n besoek aan ou vriende by Riemvasmaak.
Die span vertrek vanaf die Katolieke Sending by Pella. Dan reis hulle stroomaf met die Oranjerivier na die gemeenskap van Goodhouse. Daarna is dit 'n besoek aan die Richtersveld waar
.. show full overview
Die span vertrek vanaf die Katolieke Sending by Pella. Dan reis hulle stroomaf met die Oranjerivier na die gemeenskap van Goodhouse. Daarna is dit 'n besoek aan die Richtersveld waar Karel du Toit vir hulle die unieke flora van die rotswoestyn wys. Hierdie is 'n reis, op die gebaande pad, in die Noord-Kaap.
Dudley Wessels lei die span van Naries na Kookfontein en Leliefontein in Namakwaland. In die winter is dit 'n blommeparadys. Die span besoek ook Skilpad in die Namakwa Nasionale Park en
.. show full overview
Dudley Wessels lei die span van Naries na Kookfontein en Leliefontein in Namakwaland. In die winter is dit 'n blommeparadys. Die span besoek ook Skilpad in die Namakwa Nasionale Park en kamp op die strand naby Koringkorrelbaai aan die Weskus. Die week word afgesluit met 'n dinee by die Muisbosskerm naby Lambertsbaai, met Valiant Swart as gaskunstenaar.
Die reis begin tussen die rooibosteeplantasies van die Gifberg. Vandaar reis hulle na die Cederberge en Papkuilsfontein in die Hantam-streek. Na 'n besoek aan Niewoudtville kuier hulle
.. show full overview
Die reis begin tussen die rooibosteeplantasies van die Gifberg. Vandaar reis hulle na die Cederberge en Papkuilsfontein in die Hantam-streek. Na 'n besoek aan Niewoudtville kuier hulle in Hammelhoek vir 'n aand saam met Die Kaalkop Waarheid. Hulle besoek die Tankwa Karoo Nasionale Park, een van Suid-Afrika se droë parke. Die week word by Sutherland afgesluit met 'n besoek aan die indrukwekkende SALT.
Die span verlaat Matjiesfontein na Bosch Luys Kloof om in die Gamkaskloof en Die Hel af te kyk. Seweweerkspoort neem hulle deur die Swartberge na Amalienstein en Zoar, en dan na Hoeko,
.. show full overview
Die span verlaat Matjiesfontein na Bosch Luys Kloof om in die Gamkaskloof en Die Hel af te kyk. Seweweerkspoort neem hulle deur die Swartberge na Amalienstein en Zoar, en dan na Hoeko, geboorteplek van CJ Langenhoven. In Ladysmith besoek hulle twee kaasfabrieke en die wynkelder, Makadas en die Otto Hager-kerk. Dan reis hulle na die Hessequa met die Tradouwpas, Riverdale, Hebertdale en Buysplaas. Die week word op Vleesbaai afgesluit.
Die span verken die ossewa-roetes terwyl hulle die binneland aandurf. Eers die wêrelderfenis-Atekwaspas. Dan die sewe passe in die Outeniqua, tot by de Vlucht waar hulle vir Katot Meyer
.. show full overview
Die span verken die ossewa-roetes terwyl hulle die binneland aandurf. Eers die wêrelderfenis-Atekwaspas. Dan die sewe passe in die Outeniqua, tot by de Vlucht waar hulle vir Katot Meyer ontmoet. Soos hulle verby Avontuur gaan dring hulle dieper die binneland binne op pad na Baviaanskloof met 'n besoek aan Makadaat, en dan Geelhoutbos in die Natuurreservaat.
Die Wildekus van die Transkei is een van Suid-Afrika se mooiste dog ongerepte streke. Die span reis noord vanaf die Keiriviermond saam met John Costello en besoek Hole-in-the-Wall,
.. show full overview
Die Wildekus van die Transkei is een van Suid-Afrika se mooiste dog ongerepte streke. Die span reis noord vanaf die Keiriviermond saam met John Costello en besoek Hole-in-the-Wall, Coffee Bay, Port St. Johns en Mkambati waar 'n hospitaal vir melaatses eens gestaan het.
Die Suidelike Drakensberge is die enigste plek in Suid-Afrika met 'n ski-oord. Die span gebruik Rhodes as basis om by Tiffendel te gaan ski, deur die dramatiese bergpasse van die streek
.. show full overview
Die Suidelike Drakensberge is die enigste plek in Suid-Afrika met 'n ski-oord. Die span gebruik Rhodes as basis om by Tiffendel te gaan ski, deur die dramatiese bergpasse van die streek te reis, Tina Head te besoek en die week af te sluit by Kolstad waar die nasate van Adam Kok III in Griekwaland-Oos woon.
Die binneland van KZN is bekend vir sy vele slagvelde. Die span begin met 'n besoek aan die Anglo-Boereoorlog-slagveld by Spioenkop. Van die twee slagvelde van die Anglo-Zoeloe-oorlog by
.. show full overview
Die binneland van KZN is bekend vir sy vele slagvelde. Die span begin met 'n besoek aan die Anglo-Boereoorlog-slagveld by Spioenkop. Van die twee slagvelde van die Anglo-Zoeloe-oorlog by Isandlwana en Rourke's Drift. Die tragiese geskiedenis van Piet Retief se moord by Dingaan se Kraal en die daaropvolgende Bloedrivier sluit die episode af.
Die span besoek Maputaland in die noorde van Kwa Zulu Natal. Ná wildbesigtiging by Mpeti ry hulle saam met Jan Staal du Toit per 4x4 en motorfiets op die agterpaaie om Swaziland, in die
.. show full overview
Die span besoek Maputaland in die noorde van Kwa Zulu Natal. Ná wildbesigtiging by Mpeti ry hulle saam met Jan Staal du Toit per 4x4 en motorfiets op die agterpaaie om Swaziland, in die rigting van Amersfoort. By Country Trax leer hulle die fyner vaardighede van motorfietsritte aan en gaan dan voort met hul reis na Songimvelo, suid van Barberton. Is die oudste rotse in die wêreld te vinde is.
In die oostelike deel van Suid-Afrika is baie juwele in die berge versteek. Die Voetspore-span besoek Mariepskop. Daarna Lekgalameetse. In die Wolkberg is baie pragtige watervalle te
.. show full overview
In die oostelike deel van Suid-Afrika is baie juwele in die berge versteek. Die Voetspore-span besoek Mariepskop. Daarna Lekgalameetse. In die Wolkberg is baie pragtige watervalle te sien watervalle ware te sien. Die span reis na die Blouberg waar duisende Kaapse aasvoëls hul neste op die kranse maak. Op Buysdorp in die Soutpansberg besoek die span die nasate van Coenraad Buys, bekend as die “eerste Transvaler”.
Die Ivoorroete is twee dekades gelede deur Fixon Hlongwane ontwikkel om die toerismepotensiaal van die Limpopo-provinsie te ontsluit. Die span begin hul besoek by Makuya en reis dan na
.. show full overview
Die Ivoorroete is twee dekades gelede deur Fixon Hlongwane ontwikkel om die toerismepotensiaal van die Limpopo-provinsie te ontsluit. Die span begin hul besoek by Makuya en reis dan na Awelani, albei deel van die roete. Daarna is dit 'n ware “Bosveld”-ervaring saam met Dirk Uys voordat die span na die Masebe-reservaat reis. Die week word afgesluit met nog “Bosveld”-verhale by Ellisras, nou bekend as Lephalale.
Ná drie maande op pad keer die span terug na die Kalahari. Dit begin met 'n besoek aan Madikwe en van Zylsrus voordat die laaste skof hulle na Askham neem. Dit is tyd om na te dink oor 'n reis wat Voetspore reg rondom Suid-Afrika geneem het.
Ná drie maande op pad keer die span terug na die Kalahari. Dit begin met 'n besoek aan Madikwe en van Zylsrus voordat die laaste skof hulle na Askham neem. Dit is tyd om na te dink oor 'n reis wat Voetspore reg rondom Suid-Afrika geneem het.
If there are missing episodes or banners (and they exist on TheTVDB) you can request an automatic full show update:
Request show update
Update requested