Du skal være logget ind for at markere afsnit som set. Log på eller tilmelding.
Sæsoner 2
Udgivelsesdato
Jul 01, 2001
’n Toer van vuurtoring tot vuurtoring, skop af by Ponta do Ouro, kry leerrugskilpadjies wat uitbroei by Mabibi, soek vir goud by Cape Vidal, en gaan vang ’n hoop vis by St Lucia. Dis ’n
.. show full overview
’n Toer van vuurtoring tot vuurtoring, skop af by Ponta do Ouro, kry leerrugskilpadjies wat uitbroei by Mabibi, soek vir goud by Cape Vidal, en gaan vang ’n hoop vis by St Lucia. Dis ’n nuwe ervaring vir die Voetsporemanne, want die keer is die reis kuslangs.
Udgivelsesdato
Jul 08, 2001
Die week begin by die soeke na die hart van die Zoeloekoninkryk – daar waar Sjaka ’n man geword het. Van daar loop die reis na die Haairaad in Durban, en eindig met ’n 110 meter abseil in die Oribi Gorge.

Jul 15, 2001
Die Wilde Kus, word ook die marijuanakus genoem. Hier is die Voetsporespan eers by Nkambati, onontdekte juweel in die streek, daarna tussen die backpackers van Koffiebaai, en eindig met ’n pont oor die Kei-rivier.

Jul 22, 2001
Die Sonskynkus tussen Oos Londen en Port Elizabeth bied van die mooiste natuurskoon, rykste voëllewe, enigste sigoreiverbouiing, en ’n vuurtoring soos geen ander op Bird Eiland.
Die Sonskynkus tussen Oos Londen en Port Elizabeth bied van die mooiste natuurskoon, rykste voëllewe, enigste sigoreiverbouiing, en ’n vuurtoring soos geen ander op Bird Eiland.
Udgivelsesdato
Jul 29, 2001
Klasiesrivier – vir baie argeoloë die oudste bewys van homo sapiens, sommer hier naby Oesterbaai. Was dit die eerste voetspore op die strand? Om dit te vier, het die span 216 meter van
.. show full overview
Klasiesrivier – vir baie argeoloë die oudste bewys van homo sapiens, sommer hier naby Oesterbaai. Was dit die eerste voetspore op die strand? Om dit te vier, het die span 216 meter van ’n brug gaan afspring, voor hulle gaan meedoen het aan die fees op Oudtshoorn.
Udgivelsesdato
Aug 05, 2001
Van 4x4-roetes in die Klein Karoo, oor die Attekwaspas, met ’n pont by Malgas oor die Breërivier, tot ’n mens gaan draai by die mees suidelike punt van Afrika. Van hier sou die roete voortaan noord loop.

Aug 12, 2001
Die meeste vuurtorings in een program, ’n volle 13. Maar hoekom dan nou nie! Dit is die Kaap van Storms, en oor die eeue het hier reeds meer skepe gestrand as gesamentlik aan die res van die Suid-Afrikaanse kus.

Aug 19, 2001
Bokkoms, rolmops, snoekbraai – dis dié wêreld se kos. En dan is daar ook die geleentheid om by Citrusdal op 10 000 voet uit ’n vliegtuig te spring, en dan vir die malgasse te gaan kuier op Elandsbaai.

Aug 26, 2001
Die wyn van die Olifantsriviervallei, die volmaan wat die son jaag by die toring van Groenriviermond, verblyf in diamantduikershutte, die Messelwerkpas, gebou deur prisoniers, en besoek
.. show full overview
Die wyn van die Olifantsriviervallei, die volmaan wat die son jaag by die toring van Groenriviermond, verblyf in diamantduikershutte, die Messelwerkpas, gebou deur prisoniers, en besoek aan die hoofstad van Namakwaland – alles so anders, alles so wonderlik eenders.
Udgivelsesdato
Sep 02, 2001
’n Reis deur die dorre woestyn word beloon met ’n diamant van meer as agt karaat in Alexanderbaai. Die noordwes-Kaap is die land van juwele.
’n Reis deur die dorre woestyn word beloon met ’n diamant van meer as agt karaat in Alexanderbaai. Die noordwes-Kaap is die land van juwele.
Udgivelsesdato
Sep 09, 2001
Die spookdorpe van die Namib – Kolmanskop lê langs die pad, maar wat van Pomona, Elizabethbaai, en Bogenfels? Ook plek vir die mees skouspelagtige abseil ooit!
Die spookdorpe van die Namib – Kolmanskop lê langs die pad, maar wat van Pomona, Elizabethbaai, en Bogenfels? Ook plek vir die mees skouspelagtige abseil ooit!
Udgivelsesdato
Sep 16, 2001
Die diep Namib met die grootste duine in die wêreld – dis waardeur mens moet reis om te gaan kuier by die Meob Hotel. Dis elke visserman se droom, en hier vang ons nie net vis nie, ons tel antieke munte en oer skulpe op die strand op.

Sep 23, 2001
Verby die oopgewaaide grafte van arbeiders wat kom help diamante soek het, verby die spookdorpe waar die koffieketel 50 jaar gelede net so gelaat staan is, deur klein Duitsland, tot by
.. show full overview
Verby die oopgewaaide grafte van arbeiders wat kom help diamante soek het, verby die spookdorpe waar die koffieketel 50 jaar gelede net so gelaat staan is, deur klein Duitsland, tot by Kaap Kruis, waar Diego Cao vyf honderd jaar gelede ’n kruis kom plant het.
I tilfælde af manglende afsnit eller bannere (og de findes på TheTVDB) kan du forespørge en automatisk fuld opdatering af serien:
Forespørg opdatering af serie
Opdatering anmodet