Tens de ter sessão iniciada para marcar episódios como vistos. Iniciar sessão ou registar.
Temporada 14
Data de estreia
Abr 05, 2021
Die reis begin in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika by die samevloeiing van die Limpopo- en Levuvhu-riviere. Ná ’n besoek aan die Krugerwildtuin vertrek die span na Makuya om die
.. show full overview
Die reis begin in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika by die samevloeiing van die Limpopo- en Levuvhu-riviere. Ná ’n besoek aan die Krugerwildtuin vertrek die span na Makuya om die Levuvhu-4x4-roete te doen. Hulle besoek dan die Ivoorroete-kampe by Baleni en Letaba Ranch.
Data de estreia
Abr 12, 2021
Leydsdorp is 'n fassinerende dorp wat meer as 130 jaar gelede 'n goudstormloop beleef het. Ná ’n besoek aan die spookdorp word die span vermaak deur die Vorsters van Letsitele –
.. show full overview
Leydsdorp is 'n fassinerende dorp wat meer as 130 jaar gelede 'n goudstormloop beleef het. Ná ’n besoek aan die spookdorp word die span vermaak deur die Vorsters van Letsitele – megaboere van die Laeveld. Dan 'n besoek aan 'n ou gunsteling – die Wolkberge. Die week word afgesluit met 'n besoek aan die Klaserie Natuurreservaat.
Data de estreia
Abr 19, 2021
Hierdie week begin op die platorand by Mariepskop, gaan voort vir 'n paar dae in die pragtige Blyderivier-canyon, besoek die Echo-grotte en sluit dan af met forelhengel by Dullstroom. Dit is winter en bitter koud.
Hierdie week begin op die platorand by Mariepskop, gaan voort vir 'n paar dae in die pragtige Blyderivier-canyon, besoek die Echo-grotte en sluit dan af met forelhengel by Dullstroom. Dit is winter en bitter koud.
Data de estreia
Abr 26, 2021
'n Week in die Waterberge – eers die Lapalala-wildernis, dan volg die reis van Eugene Marais in die Limpopo-provinsie en word afgesluit met 'n 4x4-roete in die soms onderskatte Marakele Nasionale Park.
'n Week in die Waterberge – eers die Lapalala-wildernis, dan volg die reis van Eugene Marais in die Limpopo-provinsie en word afgesluit met 'n 4x4-roete in die soms onderskatte Marakele Nasionale Park.
Data de estreia
Mai 03, 2021
By Witkoppen in die suidoos-Vrystaat maak die span kennis met die voedingswonders van wildsvleis. Hulle gaan dan na die Drakensberge en gaan stap saam met een van die beste berggidse na
.. show full overview
By Witkoppen in die suidoos-Vrystaat maak die span kennis met die voedingswonders van wildsvleis. Hulle gaan dan na die Drakensberge en gaan stap saam met een van die beste berggidse na die tweede hoogste waterval in die wêreld. Die reis deur die Brandwaterkom word afgesluit op 'n pragtige plaas met meer as 200 perde en 'n uitstekende 4x4-roete.
Data de estreia
Mai 10, 2021
By Garingboom ervaar die span 'n werkende Karooplaas. By Bethulie sien hulle van die verwoesting wat die Anglo-Boereoorlog veroorsaak het by die Konsentrasiekamp-begraafplaas. By Pou Pan
.. show full overview
By Garingboom ervaar die span 'n werkende Karooplaas. By Bethulie sien hulle van die verwoesting wat die Anglo-Boereoorlog veroorsaak het by die Konsentrasiekamp-begraafplaas. By Pou Pan help hulle met die gelui van 'n Afrikaanse swartarend-sjiek en sluit die week af op die plaas van Afrikaanse skrywer, Etienne le Roux, naby Koffiefontein.
Data de estreia
Mai 17, 2021
Orania op die oewer van die Gariep word deur baie as 'n sosiale eksperiment gesien. Die span stel ondersoek in. Ná ’n besoek aan die slagveld van Magersfontein besoek hulle die juweel in
.. show full overview
Orania op die oewer van die Gariep word deur baie as 'n sosiale eksperiment gesien. Die span stel ondersoek in. Ná ’n besoek aan die slagveld van Magersfontein besoek hulle die juweel in die kroon van die Noord-Kaap – die Mokala Nasionale Park. Die week word afgesluit by die bruisende sand van Witsand.
Data de estreia
Mai 24, 2021
Die reis neem die span deur die Karoo, vanaf Witsand, verby Griekwastad tot by die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier. Ná ’n besoek aan Karreekloof gaan kyk hulle ’n fliek by die
.. show full overview
Die reis neem die span deur die Karoo, vanaf Witsand, verby Griekwastad tot by die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier. Ná ’n besoek aan Karreekloof gaan kyk hulle ’n fliek by die Apollo-teater in Victoria-Wes en sluit die week af by die uitdagende 4x4-roete by Badshoek naby Beaufort-Wes.
Data de estreia
Mai 31, 2021
Die span besoek hierdie week 'n kasteel buite Loxton, kamp op Verneukpan, bring 'n dag deur in een van die boeiende kroonhuise van die Noord-Kaap by Stuurmansfontein, en besoek die
.. show full overview
Die span besoek hierdie week 'n kasteel buite Loxton, kamp op Verneukpan, bring 'n dag deur in een van die boeiende kroonhuise van die Noord-Kaap by Stuurmansfontein, en besoek die Windpompmuseum by Loeriesfontein en vestig hulle dan by die grootste kokerboomwoud ter wêreld by Gannabos.
Data de estreia
Jun 07, 2021
Die fokus val op die Cederberge. Eers die unieke wingerde van Dwarsrivier. Dan 'n uitdagende staptog na die asemrowende Maltese Kruis. Die span besoek die hoofstad van die streek –
.. show full overview
Die fokus val op die Cederberge. Eers die unieke wingerde van Dwarsrivier. Dan 'n uitdagende staptog na die asemrowende Maltese Kruis. Die span besoek die hoofstad van die streek – Clanwilliam, voordat hulle by Marcuskraal gaan vestig waar hulle die 4x4-roete doen en ’n huiskonsert geniet.
Data de estreia
Jun 14, 2021
The Baths naby Citrusdal is 'n gewilde warmwaterbron. Dit is waar die span die elfde week begin. Van daar pak hulle die Klein Tafelberg 4x4-roete aan, besoek ’n perlemoenfabriek aan die
.. show full overview
The Baths naby Citrusdal is 'n gewilde warmwaterbron. Dit is waar die span die elfde week begin. Van daar pak hulle die Klein Tafelberg 4x4-roete aan, besoek ’n perlemoenfabriek aan die Weskus, slaan kamp op by Tietiesbaai, besoek die hawe van Laaiplek en sluit die week af by Allesverloren naby Riebeek-Wes.
Data de estreia
Jun 21, 2021
Kalmoesfontein is 'n unieke wynplaas teen die hange van die Perdeberge. Dit is waar dan die voorlaaste week begin. Vandaar ry hulle verby Ceres met die Matroosberge op om 'n sneeuman te
.. show full overview
Kalmoesfontein is 'n unieke wynplaas teen die hange van die Perdeberge. Dit is waar dan die voorlaaste week begin. Vandaar ry hulle verby Ceres met die Matroosberge op om 'n sneeuman te bou. Hulle gaan op 'n trekkeruitstappie naby Montagu en besoek verskeie kunstenaars by die gehuggie McGregor.
Data de estreia
Jun 28, 2021
Die span neem die Gantouwpas om die Hottentot Holland-bergreeks na Grabouw oor te steek en besoek die Morawiese Sending by Genadendal. Hulle woon 'n broodbakkursus by Baardeskeersbos by.
.. show full overview
Die span neem die Gantouwpas om die Hottentot Holland-bergreeks na Grabouw oor te steek en besoek die Morawiese Sending by Genadendal. Hulle woon 'n broodbakkursus by Baardeskeersbos by. Vandaar reis die span na Waenhuiskrans en sluit Voetspore in Suid-Afrika (2) af by die mees suidelike punt op die Afrika-kontinent – Kaap Agulhas.
Se faltar algum episódio ou banner (e eles existirem no TheTVDB) podes solicitar uma atualização automática:
Pede uma actualização
Actualização pedida