Tens de ter sessão iniciada para marcar episódios como vistos. Iniciar sessão ou registar.
Temporada 12
Data de estreia
Mai 06, 2019
Die span arriveer vir 'n reis van drie maande deur Indië. Nadat hulle die stad vir 'n paar dae verken het, kry hulle hul nuwe Royal Enfield Classic-motorfietse en vertrek en ry suid
.. show full overview
Die span arriveer vir 'n reis van drie maande deur Indië. Nadat hulle die stad vir 'n paar dae verken het, kry hulle hul nuwe Royal Enfield Classic-motorfietse en vertrek en ry suid langs die kus. Die eerste naweek was by 'n vismark op die strand van Marud.
Data de estreia
Mai 13, 2019
Die span reis na Indië se kleinste staat - die vakansiehoofstad Goa. Langs die pad ontmoet hulle die Goan Royal Riders op 'n ontbytdraf. Ná ’n paar dae in Goa neem die reis hulle na die
.. show full overview
Die span reis na Indië se kleinste staat - die vakansiehoofstad Goa. Langs die pad ontmoet hulle die Goan Royal Riders op 'n ontbytdraf. Ná ’n paar dae in Goa neem die reis hulle na die opelugmuseum van veertig vierkante kilometer met die indrukwekkende Viroopaksha-tempel en ’n strydwa, uit klip gekap.
Data de estreia
Mai 20, 2019
Van Hampi af reis die span suid. Eerstens besoek hulle die Versailles van Indië – die Mysore-paleis, die setel van die Wodeyar-dinastie. Vandaar gaan hulle na die mees suidelike punt van
.. show full overview
Van Hampi af reis die span suid. Eerstens besoek hulle die Versailles van Indië – die Mysore-paleis, die setel van die Wodeyar-dinastie. Vandaar gaan hulle na die mees suidelike punt van Indië – Kanyakumari, waar die son oor die Baai van Bengale opkom en oor die Arabiese See ondergaan.
Data de estreia
Mai 27, 2019
’n Roete van 70 haarnaalddraaie – dit is die uitdaging van Kolli Hills. Motorfiets hemel. Dan besoek die span die voormalige Franse enklawe Pondicherry en reis langs die kus na Chennai,
.. show full overview
’n Roete van 70 haarnaalddraaie – dit is die uitdaging van Kolli Hills. Motorfiets hemel. Dan besoek die span die voormalige Franse enklawe Pondicherry en reis langs die kus na Chennai, die voormalige Madras, waar die Royal Enfield-motorfietse gebou word.
Data de estreia
Jun 03, 2019
Die roete neem die span verder noord. Hulle kamp in die oopte en ervaar landelike Indië. Later kruis hulle massiewe binnelandse mere en sien die hoogs bedreigde
.. show full overview
Die roete neem die span verder noord. Hulle kamp in die oopte en ervaar landelike Indië. Later kruis hulle massiewe binnelandse mere en sien die hoogs bedreigde Irrawaddy-varswaterdolfyne. Die week word afgesluit met 'n besoek aan die 800 jaar oue Sontempel van Konark. Dit was gebou soos 'n wa met vier-en-twintig wiele wat deur sewe perde getrek is.
Data de estreia
Jun 10, 2019
Darjeeling is in die suidelike Himalajas geleë. Dit is die streek waar die beste tee in Indië verbou word. Dit is ook die geboorteplek van Sherpa Tenzing Norgay, die man wat Mount
.. show full overview
Darjeeling is in die suidelike Himalajas geleë. Dit is die streek waar die beste tee in Indië verbou word. Dit is ook die geboorteplek van Sherpa Tenzing Norgay, die man wat Mount Everest saam met Edmond Hillary verower het. Die span reis met 'n uitdagende roete na Sandakphu in Nepal vanwaar 'n mens die hoogste berg ter wêreld kan sien.
Data de estreia
Jun 17, 2019
Die span besoek Bodhgaya waar Boeddha verligting onder die Bohdi-boom ontvang het. Dan gaan hulle voort na die magiese stad Varanasi aan die oewer van die Ganges waar verassings langs opelugkonserte gedoen word.

Jun 24, 2019
Die span besoek die twee toeriste-aantreklikhede wat die meeste besoekers in Indië ontvang. By Khajuraho staan hulle verstom deur die grafiese uitbeelding van die Kama Sutra en besoek dan die mooiste gebou ter wêreld, die Taj Mahal.

Jul 01, 2019
Die span besoek Ou Delhi asook die plek waar Mahatma Gandhi vermoor en toe veras is. Dan reis hulle na die Himalajas. Eers na Manali en die Rohtangpas, en dan dieper in die berge na Koksar in die Lahaul-vallei

Jul 08, 2019
Hierdie week kruis die span vier bergpasse, hoër as 5 000 m. Taglang la, Lachlung la, Wari la en Kardung la, die hoogste motorbare bergpas ter wêreld. Die span besoek ook die pragtige dorpie Leh met sy ernstige Tibetaanse invloed.

Jul 15, 2019
Die span besoek die Boeddhis-klooster, Thiksey Gompa, in die Himalajas. Hulle keer dan terug na Manali. Die roete neem hulle via Pang, Keylong en Udaipur. Die besoek aan die Himalajas eindig by Kullu.

Jul 22, 2019
Die reis deur Rajasthan neem die span na die Karni Mata-tempel met sy 25 000 rotte. Vandaar gaan hulle na Jodhpur, die blou stad met die imposante Mehrangarh-fort, wat die stad bewaak. Dan besoek hulle Udaipur, die mees romantiese stad in Indië.

Jul 29, 2019
In die laaste week van die reis van 12 500 km op die subkontinent besoek die span Porbandar, die geboorteplek van Mahatma Gandhi. Hulle besoek ook die voormalige Portugese enklawe Dui,
.. show full overview
In die laaste week van die reis van 12 500 km op die subkontinent besoek die span Porbandar, die geboorteplek van Mahatma Gandhi. Hulle besoek ook die voormalige Portugese enklawe Dui, sowel as Dandi, die ligging van Gandhi se epiese Soutmars. Die reis eindig in Mumbai.
Se faltar algum episódio ou banner (e eles existirem no TheTVDB) podes solicitar uma atualização automática:
Pede uma actualização
Actualização pedida