Devi aver effettuato l'accesso per segnare gli episodi come guardati. Accedi oppure registrati.
    
  Stagione 1
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Lug 02, 2000
   
  
  
    
  
    Die begin van ’n lang reis waartydens ons die tradisionele migrasieroetes van olifante sou volg. Vir eers moes ons gaan soek na die mees ontwykende van hulle almal – die woestynolifante
 .. show full overview
  Die begin van ’n lang reis waartydens ons die tradisionele migrasieroetes van olifante sou volg. Vir eers moes ons gaan soek na die mees ontwykende van hulle almal – die woestynolifante van Damaraland en die Kaokoveld. Van daar neem die reis ons deur die Namib om die mense van Kaokoland, die Himba, te ontmoet
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Lug 09, 2000
   
  
  
    
  
    Die Etosha was eens die grootste wildtuin in die wêreld. Vandag nog is dit een van die mooiste, met ’n oorvloed van wild. ’n Mens sien die gemsbok en springbok, en natuurlik roofdiere
 .. show full overview
  Die Etosha was eens die grootste wildtuin in die wêreld. Vandag nog is dit een van die mooiste, met ’n oorvloed van wild. ’n Mens sien die gemsbok en springbok, en natuurlik roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds. Die ou grotes is natuurlik ook daar.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Lug 16, 2000
   
  
  
    
  
    Weggesteek in die noordoostelike hoek van Namibië is ’n plek wat een van die laaste wildernisgebiede in Afrika is. Snags loop leeus en hiënas nog deur mens se kamp, en in die winter maak
 .. show full overview
  Weggesteek in die noordoostelike hoek van Namibië is ’n plek wat een van die laaste wildernisgebiede in Afrika is. Snags loop leeus en hiënas nog deur mens se kamp, en in die winter maak die olifante ’n oorlas van hulleself. Die program word afgesluit met ’n besoek aan die Boesmans van die Kalahari.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Lug 23, 2000
   
  
  
    
  
    Wes van die Okavango Delta is die Kalahari. Hier vind mens die Drotsky Grotte en Tsodilo Hills, beide plekke omvou in misterie. Ten spyte daarvan dat heelwat mense reeds die plekke
 .. show full overview
  Wes van die Okavango Delta is die Kalahari. Hier vind mens die Drotsky Grotte en Tsodilo Hills, beide plekke omvou in misterie. Ten spyte daarvan dat heelwat mense reeds die plekke besoek het, voel ’n besoek aan Tsodilo en Drotsky vir mens of jy dit opnuut ontdek.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Lug 30, 2000
   
  
  
    
  
    Dis die wildtuine van die Delta, en ons betree die gebied nadat hulle heelwat hoër as gewoonlik reënval gehad het. Dit sorg vir ’n interessante 4x4-ondervinding, maar die oorvloed van wild, vernaamlik van olifante, maak die besoek een om te onthou.
  
Dis die wildtuine van die Delta, en ons betree die gebied nadat hulle heelwat hoër as gewoonlik reënval gehad het. Dit sorg vir ’n interessante 4x4-ondervinding, maar die oorvloed van wild, vernaamlik van olifante, maak die besoek een om te onthou.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Ago 06, 2000
   
  
  
    
  
    Die reis begin met ’n reksprong by een van die natuurlike wonders van die wêreld, gaan verder deur ’n wildtuin met die grootste konsentrasie olifante in Suidelike Afrika, en eindig met die geleentheid om op die rug van die ou grotes te ry.
  
Die reis begin met ’n reksprong by een van die natuurlike wonders van die wêreld, gaan verder deur ’n wildtuin met die grootste konsentrasie olifante in Suidelike Afrika, en eindig met die geleentheid om op die rug van die ou grotes te ry.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Ago 13, 2000
   
  
  
    
  
    Terug in Botswana is ons eers na die Tuli-blok, ’n strook langs die Limpoporivier waar daar geboer word, maar die wêreld verander vinnig omdat meer en meer mense agterkom dis makliker om
 .. show full overview
  Terug in Botswana is ons eers na die Tuli-blok, ’n strook langs die Limpoporivier waar daar geboer word, maar die wêreld verander vinnig omdat meer en meer mense agterkom dis makliker om saam met die olifante te leef, as om te probeer boer en hulle kom vreet jou aartappels op. Die program het geïndig in Mashatu, een van die privaatwildtuine van die Tuli.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Ago 20, 2000
   
  
  
    
  
    Die reis het begin by Mapungubwe, oudste stad in Suid-Afrika. Van daar volg die span die Ivoorroete, al langs die Limpopo af tot by Makuja, en deur tot in die Kruger by Crooks Corner.
 .. show full overview
  Die reis het begin by Mapungubwe, oudste stad in Suid-Afrika. Van daar volg die span die Ivoorroete, al langs die Limpopo af tot by Makuja, en deur tot in die Kruger by Crooks Corner. Dis waar Bvekenya Barnard en ander ivoorjagters berugtheid verwerf het aan die begin van die vorige eeu.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Ago 27, 2000
   
  
  
    
  
    Thohoyandou, kop van die olifant, is die hoofstad van die Vha-Venda. In hierdie land van misterie en legende het ons gaan soek na die luislang in die Fundudzimeer, en toe verder gereis,
 .. show full overview
  Thohoyandou, kop van die olifant, is die hoofstad van die Vha-Venda. In hierdie land van misterie en legende het ons gaan soek na die luislang in die Fundudzimeer, en toe verder gereis, al langs die Kruger se heining tot by Letaba Ranch. Ook hier was die skade van die vloede van 2000 nog duidelik te sien
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Set 03, 2000
   
  
  
    
  
    Letaba is die spogkamp van die Kruger. Dis ook hier waar mens die Olifantkamer kry met die ivoor van die reuse wat die Kruger beroemd gemaak het. Verder suid het ons gery met die Lebombo
 .. show full overview
  Letaba is die spogkamp van die Kruger. Dis ook hier waar mens die Olifantkamer kry met die ivoor van die reuse wat die Kruger beroemd gemaak het. Verder suid het ons gery met die Lebombo 4x4-roete. Ja, mens kan wel in die Kruger in die veld gaan kamp, en dan kry mens dalk nog die kans om Duke, een van die laaste oorlewendes van die Magnificent Seven te sien
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Set 10, 2000
   
  
  
    
  
    Juweel van Suidelike Afrika! Op die voorstoep van die Gautengers is daar wonderlike parke soos Mlilwane, Mkaya en Hlane. En hier kom mens te voet tot binne tien tree van ’n witrenoster,
 .. show full overview
  Juweel van Suidelike Afrika! Op die voorstoep van die Gautengers is daar wonderlike parke soos Mlilwane, Mkaya en Hlane. En hier kom mens te voet tot binne tien tree van ’n witrenoster, of jy kan jou moed beproef as ’n olifant jou storm, en jy het ’n drie duim dik boompie om agter te skuil. Die koning van Swaziland is Mswati III, en die koning van bewaring is Ted Reily.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Set 17, 2000
   
  
  
    
  
    LM-prawns in Maputu, ’n ferrie-vaart oor die baai, op soek na enkellopende, skugter olifante in die Maputu Elephant Reserve, tot swem saam met die dolfyne by Ponta do Ouro, die Punt van
 .. show full overview
  LM-prawns in Maputu, ’n ferrie-vaart oor die baai, op soek na enkellopende, skugter olifante in die Maputu Elephant Reserve, tot swem saam met die dolfyne by Ponta do Ouro, die Punt van Goud. Suid-Mosambiek is ’n 4x4-vakansiegangersparadys, en dis net om die draai.
   
  
  
  
 
    
  
  
  
    Data di messa in onda
    Set 24, 2000
   
  
  
    
  
    In Noord-KwaZulu-Natal is daar Kosibaai met sy viskrale, Tembe Olifantpark waar ons ons laaste olifant sou sien, Ndumu met sy oorvloed voëls, en die kuswoud langs die Sibiyameer. By
 .. show full overview
  In Noord-KwaZulu-Natal is daar Kosibaai met sy viskrale, Tembe Olifantpark waar ons ons laaste olifant sou sien, Ndumu met sy oorvloed voëls, en die kuswoud langs die Sibiyameer. By Mabibi kan mens snorkel en vlieghengel, of vir ’n entjie met die strand afry tot by die paar honderd ander 4x4-manne en -meisies. Hier kom die tog op ’n einde. Dit het 91 dae geduur, en 21000km.
   
  
  
  
 
 
  
     
     Se ci sono degli episodi e dei banner mancanti (e esistono su TheTVDB) puoi richiedere un aggiornamento automatico dell'intera serie:
  
  
    Richiedi aggiornamento della serie
  
  
    
    Aggiornamento richiesto