Dit Wat Stom Is

  • :
  • : 13
  • : 0
  • M-Net
  • 0
  • Drama

:

.

1
1x1
Aflewering 01
Episode overview
'n Transito-rooftog in Port Elizabeth loop effens skeef. Een van die rowers kom weg met die buit, terwyl sy rampokker pel deur die polisie vasgetrek word.
1x2
Aflewering 02
Episode overview
Dis Marghereet se troudag en 'n ongelukkige Louisa moet die spit afbyt oor blomme wat sy nie moes bestel het nie. Arnold se werkers staak omdat hulle nog nie betaal is nie.
1x3
Aflewering 03
Episode overview
Asof sy skielike dood nie erg genoeg was nie, sorg die lees van Arnold se testament vir verdere ongelukkigheid. Marghereet en haar nuwe man is op pad Kanada toe.
1x4
Aflewering 04
Episode overview
Elri vertel vir Ryno van die bankrot boedel en hulle staan magteloos en toekyk hoe alles uit hulle huis gedra word, maar slaag wel daarin om met 'n paar waardevolle artikels weg te kom.
1x5
Aflewering 05
Episode overview
Jan gaan vra raad by 'n regsprofessor terwyl Melanie voortgaan met 'n interdik teen hom. Elri besluit om 'n huis by Kokkie te huur en Babsie en Zelda rek hul nekke as sy en Ryno daar intrek.
1x6
Aflewering 06
Episode overview
Elri beskuldig Freek daarvan dat hy instrumenteel was in haar pa se bankrotskap. Ook Dave gee sy pa opdraande oor Elri-hulle se situasie. Melanie kraam onverwags by die kantoor ...
1x7
Aflewering 07
Episode overview
Bart en Isa gaan huistoe met hulle nuwe kind. Melanie stuur Ilse om vir Jan van die geboorte en aanneming te vertel - sy hou vol dat hulle nie weet wie die aanneemouers is nie.
1x8
Aflewering 08
Episode overview
Jan gaan na Bart en Isa se plaas toe, maar hy kry 'n koue skouer. Voor hy vertrek hoor hy 'n baba in die huis huil. Daniel wil he Mike en Bobby moet 'n restaurant beroof wat hom geld skuld.
1x9
Aflewering 09
Episode overview
Mike en Bobby betrek 'n niksvermoedende Ryno by hul plan om die restaurant te beroof. Ryno begin dadelik as kelner by die restaurant werk. Wanneer Elri vir Jan raakloop nooi hy haar vir ete.
1x10
Aflewering 10
Episode overview
Alhoewel Isa aandring dat Melanie vir die baba kom kuier, weier Melanie volstrek. Elri stem in as Jan haar vra om hom om met vaderskap toetse te help en Jan stel sy plan in werking.
1x11
Aflewering 11
Episode overview
Ryno besef Mike en Bobby is nie 'n goeie invloed nie en hy besluit om eerder terug te keer skoolbanke toe. Babsie droom oor die dood en is oortuig dat Mike iets gaan oorkom.
1x12
Aflewering 12
Episode overview
Kokkie is rasend van bekommernis oor Jan wat elke aand so laat uitbly. Daniel stel Mike en Bobby voor 'n ultimatum, maar dis net die begin van hul moeilikheid - Ryno gaan polisie toe.
1x13
Aflewering 13
Episode overview
Bart en Isa se aandjie word kortgeknip wanneer hulle 'n dringende boodskap van die plaas af kry. Mike vergryp homself aan drank ná sy uitval met Bobby.