Voetspore
Oor Raucana, Angola binne (5x6)
Air date: Apr 24, 2009
Op Rundu het die Voetsporespan uitgebrei. Koos Moorcroft, Angolese toeroperateur, en José Livingue, tolk, het hulle by die res van die manne aangesluit. Vandaar het die span gereis na Angola. By Ruacana, by die waterval wat soms droog is wanneer daar hidro-elektriese krag opgewek word, is die span Angola binne. Daarna is dit afreis na die kus, al langs die Kunenerivier. ’n Mens kom die Himba’s van Angola teë. Die laaste skof is sowat 70 kilometer deur die Namibwoestyn, tot by Foz do Cunene, waar die Kunenerivier in die Atlantiese Oseaan uitmond.
- Premiered: Jul 2000
- Episodes: 300
- Followers: 0