Du skal være logget ind for at markere afsnit som set. Log på eller tilmelding.
Sæsoner 4
Udgivelsesdato
Jul 14, 1992
Wimpie word gekies om 'Romeo' in 'Romeo en Juliet' te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van 'Juliet' gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon
.. show full overview
Wimpie word gekies om 'Romeo' in 'Romeo en Juliet' te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van 'Juliet' gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon uit sy swembroek. Ouboet vertel Hendrik van die groot gemors by die Klerksdorp inry en sy broederlike raad aan Wimpie is om nie te 'jol' nie dit veroorsaak net hartseer.
Udgivelsesdato
Jul 21, 1992
Ouboet en Yollie kry n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel
.. show full overview
Ouboet en Yollie kry n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel nie. Sonja se ma reken Wimpie is te 'laag' vir haar dogter want sy pa is net n myner.
Udgivelsesdato
Jul 28, 1992
Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr 'Boepens van die
.. show full overview
Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr 'Boepens van die Vaal'. Ouboet neem aan n 'rally' deel met n kar wat soos n vetkoek lyk en verdwaal hopeloos.
Udgivelsesdato
Aug 04, 1992
Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry
.. show full overview
Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry vir haar drie nuwe rokke waarvan Hendrik een moet kies maar uiteindelik al drie moet koop. Hendrik wen n trofee en dit is die hoogtepunt van die aand.
Udgivelsesdato
Aug 11, 1992
Wimpie wil by Hendrik geld leen vir n nuwe 'Ghetto-Blaster'. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer
.. show full overview
Wimpie wil by Hendrik geld leen vir n nuwe 'Ghetto-Blaster'. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer verwag en neem haar hospitaal toe. Riekie en haar maatjie, Alexis, trek vir Neelsie soos n pop aan en klim ook lustig in Maggie se grimering in. Oom Hans verloor nie net sy waardigheid nie, maar ook al sy klere in n pokerspel met Rusty en die weduwees.
Udgivelsesdato
Aug 18, 1992
Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge
.. show full overview
Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge loop skeef. Wanneer Hendrik self n dakwaaier probeer insit spat die vonke. Boonop prober Spike hom dit nadoen met rampspoedige gevolge. Maggie vergeet haar handsak in die supermark maar kry dit op verrassende wyse terug.
Udgivelsesdato
Aug 25, 1992
Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie n 'go-cart' te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te
.. show full overview
Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie n 'go-cart' te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te neem, veral Riekie. Spike se vrou wil saam met n paar ander in die dorp se hotel gaan 'belly-dance' en hy klop by Hendrik en Maggie om hulp aan. Wimpie reel intussen vir Koert n afspraak met Liz Koekemoer en die vier van hulle gaan na n maskerbal. Wanneer hulle Maggie se motor wil dokter gaan hulle te ver.
Udgivelsesdato
Sep 01, 1992
Ouboet gaan na die pandjieswinkel om n skottelgoedwasser te koop maar kom met n stel tromme terug. Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier
.. show full overview
Ouboet gaan na die pandjieswinkel om n skottelgoedwasser te koop maar kom met n stel tromme terug. Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier en is n onmisbare ergenis. Wimpie en Sonja is in die sop wanneer hulle antwoordstelle vir n wiskundetoets identies is.
Udgivelsesdato
Sep 08, 1992
Wimpie en Koert bou n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op
.. show full overview
Wimpie en Koert bou n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op en Wimpie en Koert kry n boek oor hipnose in die hande. Met die eerste probeerslag in die motorhuis reageer Hendrik op die hipnose en Bettie se "Bulldog" sit hom agterna. Neelsie en Sonja kry ook die boek onder oë
..
Udgivelsesdato
Sep 15, 1992
Wimpie en Ouboet het elk n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir "Bersie" sy kombers en Ouboet vir "Bollie" sy vonkprop. Spike wys water aan met n mikstok maar dit het
.. show full overview
Wimpie en Ouboet het elk n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir "Bersie" sy kombers en Ouboet vir "Bollie" sy vonkprop. Spike wys water aan met n mikstok maar dit het rampspoedige gevolge. Terwyl Maggie se mangels verwyder word help haar ma met die huishouding en die kinders mis n dag se skool. Hendrik skiet Bettie se "Bulldog" met n albaster. Wanneer die polisie en DBV kom ondersoek instel "help" Spike vir Hendrik.
Udgivelsesdato
Sep 22, 1992
Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om n partytjie by die huis te hou en benader die
.. show full overview
Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om n partytjie by die huis te hou en benader die probleem op n unieke wyse. Ouboet word gekies om vir die 'mechanics' rugby te speel teen die 'appies' en hardloop in teen die paal vas. Koert neem sy plek in en word as 'Mechanic of the Match' gekroon. Tot Ouboet se verdere onsteltenis dans Yollie die aand van die partytjie met Koert. Ouma se perde wen maar daar is n kinkel in die kabel.
Udgivelsesdato
Sep 29, 1992
Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir n kursus in 'assertiveness'. Maggie word vreeslik onstel deur n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle
.. show full overview
Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir n kursus in 'assertiveness'. Maggie word vreeslik onstel deur n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle die Van Tonders kom besoek. Mev Haasbroek van die welsyn daag dan ook op en natuurlik loop alles verkeerd in die Van Tonder-huishouding. Ouma kom egter tot die redding. Wimpie gee vir Riekie n hangertjie vir haar verjaardag en sy raak dolverlief op hom. Hendrik en Maggie kry voogouerskap oor die twee kinders en Spike kry amper n tuinvurk in sy maag toe hy vir Ouma probeer voorsê.
Udgivelsesdato
Okt 06, 1992
Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake hulle wil hulle eie 087 inbelnommer
.. show full overview
Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake hulle wil hulle eie 087 inbelnommer te kry. Dinge loop skeef wanneer Ouboet voor die mikrofoon vries. Koert versprei allerhande stories oor Liz en sy volg hom tot by Wimpie hulle se huis om hom reg te sien. Ouma help vir Maggie om vir die kinders kostuums te maak vir die skoolkonsert. Koert is verlief op Liz en hy en Wimpie maak n plan om haar hart te wen. Hendrik, Spike en Ouboet se snorkery gee hulle probleme.
I tilfælde af manglende afsnit eller bannere (og de findes på TheTVDB) kan du forespørge en automatisk fuld opdatering af serien:
Forespørg opdatering af serie
Opdatering anmodet