Voetspore
Rigting Kongorivier (5x14)
Data di messa in onda: Giu 12, 2009
Die tweede helfte van vanjaar se reis begin net noord van Luanda, by Barro do Dande. Die manne koop vis op die vismark, kuier op die strand en vat dan die pad noord, rigting Kongorivier. Onderweg word daar aangedoen by die dorpies Ambriz en Nzeto. Wanneer die dieselvoorraad laag word, word daar brandstof in 20-literhouers aangekoop. Dis ’n oefening wat die manne later nog baie probleme sou gee. Maar vir eers is dit ’n reis tot by die Kongorivier, tweede grootste rivier in die wêreld.
- Iniziato: Lug 2000
- Episodi: 300
- Followers: 0