Voetspore

Voetspore

Deur die Namib tot by Flamingo (5x8)


Data di messa in onda: Mag 08, 2009

Na die benoude oomblikke op die strand aan die Skedelkus, is die span die Namib in. Daar was geen aangeduide roete nie. Dit was onbekende terrein. Heeldag moes hulle deur die skouspelagtige duine van die Namib, op soek na ’n duinstraat wat noord loop, ry. Dié was daar nie. Die Voetsporemanne het gaan oornag in die spookdorp Espanhierra en toe verder noord gereis deur die Welwitschiavlaktes van Angola, al die pad deur die Iona Nasionale Park. Laatmiddag het die span aangekom by die hawedorpie Tombua en toe vir die eerste keer in meer as ’n week ’n kans gekry om by Flamingo, visvangmekka aan die Angolese kus, te stort.

  • Posizione #
  • Iniziato: Lug 2000
  • Episodi: 300
  • Followers: 0
  • In corso
  • SABC 2
  • Domenica